Thursday, 02 August 2007

5 Mooipan-foto's

Vyf foto's van ons vakansie op Mooipan naby Steenbokpan in Limpopo.

Thursday, 21 June 2007

Wilma en die vampier!

Ek het vroeer hierna verwys:




En baie snaaks:

Monday, 11 June 2007

Wednesday, 23 May 2007

Sound of Music 1 - guess who's who?

Hier's Julie Andrews en die akteurs en aktrises wat die rolle van die sewe Von Trapp-kinders gespeel het. Nogal interessant wanneer mens probeer uitfigure wie's wie (nie noodwendig rocket science nie). Die foto is so twee jaar gelede by die 40ste herdenking van die fliek geneem.
2005:

1965:

Monday, 21 May 2007

'n Lug vol helder wolke


Vrystaat, Januarie 2007, vanuit SAL Boeing.

Etienne Leroux

Ek het op hierdie interessante clip afgekom van Etienne Leroux se begrafnis. Hy's op 30 Desember 1989 oorlede.

Tuesday, 15 May 2007

Sunday, 13 May 2007

Amelda & Jurie

Amelda en Jurie kuier vir so paar weke in Suid-Afrika. En ons almal is baie bly!
Cheers!
En natuurlik is daar ook altyd dansies om te doen!

Friday, 11 May 2007

Thursday, 10 May 2007

Denny Crane

"Denny Crane". The name says it all. Boston Legal is op die oomblik van my gunsteling-programme. Alan Shore aka James Spader is in 'n klas van sy eie en ek hou ook baie van Candice Bergen. In elk geval, Denny Crane is wonderlik weird en insane. William Shatner is ook al lank in die land, en hy lyk eintlik heel okei op 76-jarige ouderdom. Vir sommige mense (al daai Trekkies fans) sal hy nooit iemand anders wees as Captain James T. Kirk, bevelvoerder van die U.S.S. Enterprise in Star Trek. Ander onthou hom as Sgt. T.J. Hooker, saam met Heather Locklear (in Suid-Afrika het hulle wel keurige Afrikaans gepraat). En ek het al amper vergeet, maar hy was die aanbieder van Rescue 911 (baie dramaties). En meer onlangs as Stan Fields in Miss Congeniality (ook saam met Candice Bergen). Interessantheidshalwe, William was die eerste ou wat twee Emmy's gewen het vir dieselfde karakter in twee verskillende TV-reekse (as Denny Crane in The Practice en Boston Legal).
Kyk die kaptein se gesigsuitdrukking!
Interessant die titels van flieks en programme wat met William Shatner te doen het:
How William Shatner Changed the World (2005) (TV)
Comedy Central Roast of William Shatner (2006) (TV)
Auto Destruct: One Man's Obsession with William Shatner (2005)
William Shatner in Concert (2006) (TV)
William Shatner Lent Me His Hairpiece: An Untrue Story (1996)

Wednesday, 09 May 2007

Derrick

Gerrit Brand skryf op Die Burger se Kunskliek-blog (http://dieburgerblogs.mweb.co.za/ViewBlog.aspx?blogid=35) dat Emgee Pretorius die Afrikaanse stem aan die Duitse speurder Stephan Derrick verleen het. Ek onthou die Afrikaanse oorklanking van veral Derrick was altyd baie snaaks. Veral as Derrick in Afrikaans iets sê soos: "My magtig Harry, slaan die man!" en mens met liplees en jou kennis van Duits kon agterkom dit moes meer in die rigting wees van: "My jirre Harry, f*k die man op!". Maar niemand het mos in daai jare in Afrikaans op televisie gevloek nie. Behalwe dalk die odd "donner" of "moer". In elk geval, die akteur wat Derrick vertolk het Horst Tappert is onder meer bekend vir sy looks. Oftewel, die sakke onder sy oë. Daarom is die volgende berig vir my des te meer snaakser.

Hulle skryf o.a. oor "Augenringmuskels" en mans wat al meer plastiese chirurgiese operasies laat doen. Volgens imdb.com het Horst die rol vir 24 jaar vertolk: 1974-1998 en in 281 episodes gespeel. Volgens hulle het selfs wyle Pous Johannes Paulus II daarvan gehou om na die TV-reeks te kyk.
Oberinspektor Stephan Derrick und Harry Klein.

Tuesday, 08 May 2007

Liezl, Joli & die Vrieskas (2002)

Hier kom die Roomys(man)

Hier is 'n foto van my broer, Herman. Vermoed hy was in die kleuterskool of vroeg laerskool. Ek weet nie presies wat die okkasie was nie, dalk 'n fancy dress of iets. In elk geval, hy het gegaan as 'n roomys (soos jy natuurlik duidelik soos daglig uit die foto kan opmerk). Die snaaksste vir ons: Hy kon skaars loop, met die gevolg dat die meneer hom op en af moes dra by die trappe (op na die verhoog). L.W. Die blou spuitverf-kring op die grond. Hy is dus in hierdie posisie gespuitverf.

Rasta-Huis op Franschhoek

Ek dink Kriztiene was by toe hierdie foto's geneem is. Kan nie meer so mooi onthou nie, maar ek dink nie die huis is meer daar nie. I'm not sure, dalk is dit net toegebou deur huise en dat mens dit nie meer van die pad af kan sien nie... maar ons was laas naweek op Franschhoek en ek het dit nie gesien nie.

Rocky

"My name is Rocky. And this is my picture show."

Raai wie...

Is 60 vandag?

Monday, 07 May 2007

Charl se 40ste

Vrydagaand by LB's in Langstraat het ons lekker gepaartie.

Friday, 04 May 2007

The A-Team

Nog 'n gunsteling-program was The A-Team. (Alles natuurlik nou suiwer nostalgie. Maar ek luv dit.) Hulle het ook sulke interessante name gehad:

Col. John "Hannibal" Smith, Capt. H.M. "Howling Mad" Murdock, Sgt. Bosco "B.A." Baracus en Lt. Templeton "Faceman" Peck.

"In 1972 a crack commando unit was sent to prison by a military court for a crime they didn't commit. These men promptly escaped from a maximum security stockade to the Los Angeles underground. Today, still wanted by the government, they survive as soldiers of fortune. If you have a problem, if no one else can help, and if you can find them, maybe you can hire the A-Team."

As jy bogenoemde wil hoor, gaan na hierdie website: http://pumamouse.com/quaksatsounds.html

Jy kan na al die ou gunstelinge se kenwysies luister, sowel as 'n paar van die ou advertensies.

Her-Man

Is it a bird, or a plane... No it's Her-Man. The Flying Dutchman.


Nie te verwar met He-Man (en sy Masters of the Universe) nie!

Thursday, 03 May 2007

Buck & Wilma

Kaptein William "Buck" Rogers en Kolonel Wilma Deering. Hulle was in die eighties van my gunsteling karakters op TV. En Twiki natuurlik en later het Hawk bygekom. Die episode wat ek die duidelikste kan onthou was die een waar daar 'n vampier verskyn (sien foto's). En aanvanklik kan net Wilma hom sien en sy's vrek bang, maar die ander dink sy's mal. Dan kry hy haar in die hande (letterlik), want sodra hy haar met sy pinkie (?!) teen haar nek druk, raak sy so psycho so asof hy haar gebyt het. Dalk het hy haar gebyt ook, maar dit kan ek nie so mooi onthou nie. Sy raak toe baie weird en amper vryerig met Buck (baie ongewoon) en wil hom ook ver-vampier. Hy skrik haar toe af met 1 of ander steen en toe spring sy en die vampier saam in 'n tuig of iets, en hulle is oppad na 'n warm dood aka die son (of iets wat vir my in st. 2 so gelyk het). Natuurlik het Buck vir Wilma gered. Ek kan nie presies onthou hoe nie, want ons was op 'n plaas naby Jansenville (Oos-Kaap, dink ek) en die ontvangs was nie great nie, en op 'n crucial tyd het die beeld in baie wasige sneeu verander. As ek nou so na die foto kyk, dan lyk die vampier natuurlik glad nie meer vir my so vreesaanjaend soos (ongeveer) 21 jaar gelede nie! (Ek vermoed dit het toentertyd dalk selfs vir 'n paar slapelose nagte gesorg.)

O, ja, en dit was natuurlik ook in die dae wat Wilma en Buck nog Afrikaans kon praat. En ek was mal oor Wilma se "lipgloss" look en het sulke glansende lippe begeer. En in my bendedae, het ek altyd seker gemaak almal weet my naam is Kolonel Wilma Deering.

"The year is 1987, and NASA launches the last of America's deep space probes. In a freak mishap, Ranger 3 and its pilot, Captain William "Buck" Rogers, are blown out of their trajectory into an orbit which freezes his life support systems, and returns Buck Rogers to Earth... 500 years later."

So val die helde

Artikel in Die Burger:

"Nóg ’n gesoute akteur sterf
Die Suid-Afrikaan­se vermaaklikheidsbedryf het gister ’n groot gees verloor met die afsterwe van die veteraanakteur Emgee Pretorius (83).
Hy het ’n ruk gelede ’n hartaanval gehad en was reeds vir omtrent twee maande in die hospitaal, het mev. Realta van der Mescht, sy susterskind, gesê.
Dié bekende gesig op Suid-Afrikaners se televisies sal bes moontlik onthou word vir hoofrolle in onder meer die trefferreeks Nommer Asseblief (as De Jongh), die realistiese tronkdrama Vyfster (as Priester) en Koöperasiestories (as Veldsman), waar hy pyp in die mond en veldhoed immer op sy kop, kykers vermaak het.
Pretorius is binnekort in die kyk­NET-drama Dryfsand te sien. Die spesifieke episodes waarin hy verskyn, word egter eers later uitgesaai."


Ek was nie noodwendig so groot aanhanger van hom nie, maar hy was absoluut classic as Veldsman. Dis seker die rol waarin ek hom die beste onthou. Vyfster ook, maar Veldsman was net sooo 'n goeie karakter, of dalk was dit die 3manskap wat so goed mekaar aangevul en verskil het. In elk geval, ek kon nie glo hy was al in die 80 nie, maar ten minste bly hy as Veldsman immer middeljarig.

Wednesday, 02 May 2007

Fraaie Meisjes


Hier poseer Liesie en Lindes as deel van die Vlegselbrigade by Kleinmond.