Saturday, 31 January 2009

Cape Town by Night

Die uitsig van Eloise-hulle se woonstel waar ek woon wanneer ek in Kaapstad werk. En in hierdie geval was daar ook 'n volmaan.

Thursday, 29 January 2009

Haas Das en Gé

Ek luv hierdie foto. Ek het hom in 'n argief gevind, sal liewers nie sê wie s'n nie, want net nou wil hulle dit terughê. Die foto is iewers in die 1970's geneem, terwyl Haas Das uit die aard van die saak nog op die televisie was, en Gé ’n program getiteld "Gé sing" op TV gehad het. Ek het 1 of ander tyd my eie verklaring vir hierdie foto geskryf. Kan glad nie meer onthou wat ek gesê het nie, maar dit was 10 to 1 effens absurd.

Wednesday, 28 January 2009

Nature's Valley - Desember 2004

Herman, wylie Jolie en Vonnie draf langs die strand by Nature's Valley. Ek hou besonder baie van hierdie foto.

Tuesday, 27 January 2009

Madiba in Londen

Hier's ek by die Madiba-standbeeld op Parliament Square.

Monday, 26 January 2009

Londen - September 08

Werner, Kriztiene en Elizma in die Van der Merwe-Seebach's se agterplaas in Morden. Ek het vroeër die aand van Newcastle afgekom (laaaang treinrit, agv vertragings). Werner het soos altyd lekker kos gemaak.

Thursday, 22 January 2009

Restaurant - Londen - Sept 08

Hier's Kriztiene en ek, Francois en Gideon by 'n Pan-Asian restaurant in Camden. Werner het vir ons allerlei heerlike happies bestel, en ons het lekker wyn gedrink. Ek hou van Camden, veral in die dag as mens bietjie kan shop. Die vorige keer toe ek Londen was (Feb 2006) het ek een dag op my eie soontoe gegaan. Dit het selfs liggies gesneeu, en dit was natuurlik vir my absoluut heerlik. Daar was wel 'n scaly ou wat vir my een of ander stokou noot as kleingeld gegee het, en die mense wou dit nie elders aanvaar nie. Kriztiene was toe so gaaf gewees om vir my 'n nuwe 5 pond noot te gee, en die oue later by die bank te gaan omruil.

Wednesday, 21 January 2009

Ice Bar - Stockholm

Steeds in Stockholm. Hier is ek en Liana in die Absolute Ice Bar. Dit was lekker. Jy betaal 180 Sweedse krone om in te gaan, en dit sluit dan 'n cocktail in. Die glas waarin jou cocktail gegooi is, is ook van ys. En die temperatuur is -5 grade celcius. Die parka's leen jy ook obviously. Ons het lekker rondgestaan, en foto's geneem. Dink dit was my laaste aand in Stockholm. 'n Stad waarheen ek graag sal terugkeer, veral wanneer die Abba-museum eendag klaar is. En wil baie graag Lapland toe gaan saam met Aka en Nils-hulle. En wil ook baie graag na die fjords in Noorweë gaan. O, ja, en ek wil graag die Noorderlig sien.

Tuesday, 20 January 2009

Dawie die Kabouter

"Ek woon in die holte van ´n boom, dit is waar! Loop saggies as jy stap, jy kan dalk op my trap. "
Hier is ek, Gideon en Dawie die Kabouter in Stockholm. Don't get me started on Dawie die Kabouter. Ek bedoel, ek het regtig baie daarvan gehou, maar dit was nogals traumaties dat die kabouters in bome verander op 969 jaar. Definitief een van die laaste episodes (van 'n TV-reeks) wat ek baie goed onthou. Dit en "Jackie, die beer van die berge". Ek was toe in sub. A, en weereens was dit vir my baie ontstellend, want ewe skielik was Jackie groter, en kan nie meer detail presies onthou nie. Maar ek wonder of die ma of iemand nie dood is nie. In elk geval, ek het sooo gehuil totdat "Mattewis en Meraai" heelwat later die aand begin het. Nie asof laasgenoemde seker die mees opbeurende reeks was nie.

"Onder die dekmantel" se laaste episode het ek nooit gekyk nie, oftewel nooit gehoor nie. Daar was een of ander prysuitdeling by die laerskool en ons het die videomasjien gestel. En hy neem toe mooi die episode op, maar sonder klank... In st. 3 was my lipleesvaardighede nog nie so goed nie, veral nie as hulle Engels praat, en jy verwag Afrikaans nie. :-) Ennieway, die laaste episode het ons dus ontwyk. Ek's steeds mal oor die liedjie "Holding out for a hero". En dan is daar Jon-Erik Hexum wat vir ewig 26 jaar oud gaan wees.

Monday, 19 January 2009

Pippie Langkous

Hier is ek by Junibacken in Stockholm. Dis 'n museum wat hulde bring aan Astrid Lindgren. Ons was daar in September verlede jaar. Viva Pippie Viva.

Thursday, 15 January 2009

She's alive!

She's alive! Ja, ek het actually my password onthou. En ek het 18 maande laas 'n post gemaak. Seker super-skandalig in blog-terme. Ennieway, kom ons kyk maar of ek weer beter begin vaar.
Op die oomblik kyk ek uit op Seinheuwel, en ek moet eintlik werk. Sal bietjie van my Polaroid-foto's post.