William Shatner is ook al lank in die land, en hy lyk eintlik heel okei op 76-jarige ouderdom. Vir sommige mense (al daai Trekkies fans) sal hy nooit iemand anders wees as Captain James T. Kirk, bevelvoerder van die U.S.S. Enterprise in Star Trek. Ander onthou hom as Sgt. T.J. Hooker, saam met Heather Locklear (in Suid-Afrika het hulle wel keurige Afrikaans gepraat). En ek het al amper vergeet, maar hy was die aanbieder van Rescue 911 (baie dramaties). En meer onlangs as Stan Fields in Miss Congeniality (ook saam met Candice Bergen). Interessantheidshalwe, William was die eerste ou wat twee Emmy's gewen het vir dieselfde karakter in twee verskillende TV-reekse (as Denny Crane in The Practice en Boston Legal). 
Kyk die kaptein se gesigsuitdrukking!
Interessant die titels van flieks en programme wat met William Shatner te doen het:How William Shatner Changed the World (2005) (TV)
Comedy Central Roast of William Shatner (2006) (TV)
Auto Destruct: One Man's Obsession with William Shatner (2005)
William Shatner in Concert (2006) (TV)
William Shatner Lent Me His Hairpiece: An Untrue Story (1996)
No comments:
Post a Comment