Tuesday, 10 February 2009

Ballade van die Bruin (swem)Bad

Dis hoe ons swembad lyk na regte egte Transvaalse donderstorm. Nogals 'n hewige een moet ek byvoeg. Die weerlig slaan en amper onmiddellik volg die donderslag, dus nogals naby. En dan kom die strome modderwater van die bouperseel langsaan en maak die eens blou swembad 'n bruin een. Panerai, Pippie en Bongi weet nie mooi waaroor dit gaan nie, maar hulle glimlag vriendelik.

Friday, 06 February 2009

Alfa 1999

Ons eet brekfis by Christine Truter se ouerhuis op hul plaas (Dankbaarheid?) buite Stellenbosch. Liezl, Malan, Daléne, Nina, Kriz, Kabous, Christine, en haar toenmalige boyfriend, Theunis, en ek. Weet nie wie die foto geneem het nie... dalk Rankie. Of dalk Hugo, want hy is die enigste een van Triomf wat nie op die foto is nie. Scary deel is dat dit 10 jaar gelede is.

Monday, 02 February 2009

Die Kasteel - circa 1984/5

Foto geneem by Die Kasteel in Kaapstad op een van ons besoeke vanaf George. Interessante foto vir my. My ma het dit obviously geneem, en almal van ons is op ons eie planeet. Wel met een doel voor oë: om die vlag hoog te hou.

Saturday, 31 January 2009

Cape Town by Night

Die uitsig van Eloise-hulle se woonstel waar ek woon wanneer ek in Kaapstad werk. En in hierdie geval was daar ook 'n volmaan.

Thursday, 29 January 2009

Haas Das en Gé

Ek luv hierdie foto. Ek het hom in 'n argief gevind, sal liewers nie sê wie s'n nie, want net nou wil hulle dit terughê. Die foto is iewers in die 1970's geneem, terwyl Haas Das uit die aard van die saak nog op die televisie was, en Gé ’n program getiteld "Gé sing" op TV gehad het. Ek het 1 of ander tyd my eie verklaring vir hierdie foto geskryf. Kan glad nie meer onthou wat ek gesê het nie, maar dit was 10 to 1 effens absurd.

Wednesday, 28 January 2009

Nature's Valley - Desember 2004

Herman, wylie Jolie en Vonnie draf langs die strand by Nature's Valley. Ek hou besonder baie van hierdie foto.

Tuesday, 27 January 2009

Madiba in Londen

Hier's ek by die Madiba-standbeeld op Parliament Square.