Wednesday, 09 May 2007

Derrick

Gerrit Brand skryf op Die Burger se Kunskliek-blog (http://dieburgerblogs.mweb.co.za/ViewBlog.aspx?blogid=35) dat Emgee Pretorius die Afrikaanse stem aan die Duitse speurder Stephan Derrick verleen het. Ek onthou die Afrikaanse oorklanking van veral Derrick was altyd baie snaaks. Veral as Derrick in Afrikaans iets sê soos: "My magtig Harry, slaan die man!" en mens met liplees en jou kennis van Duits kon agterkom dit moes meer in die rigting wees van: "My jirre Harry, f*k die man op!". Maar niemand het mos in daai jare in Afrikaans op televisie gevloek nie. Behalwe dalk die odd "donner" of "moer". In elk geval, die akteur wat Derrick vertolk het Horst Tappert is onder meer bekend vir sy looks. Oftewel, die sakke onder sy oë. Daarom is die volgende berig vir my des te meer snaakser.

Hulle skryf o.a. oor "Augenringmuskels" en mans wat al meer plastiese chirurgiese operasies laat doen. Volgens imdb.com het Horst die rol vir 24 jaar vertolk: 1974-1998 en in 281 episodes gespeel. Volgens hulle het selfs wyle Pous Johannes Paulus II daarvan gehou om na die TV-reeks te kyk.
Oberinspektor Stephan Derrick und Harry Klein.

3 comments:

Christine said...

Harry was HOT. Derrick se tema-musiek was die coolste. Cooler, selfs, as Vyfster s'n.

Do Kwang said...

Ek praat onder korreksie, maar ek dink in Cabaret met Liza Minelli speel Harry 'n homo.

Unknown said...

Hallo,

Ek kan Afrikaans lees, maar slegs bietjie praat en skryf Afrikaans.

Hoop julle kan lees Nederlands:

Ik zou zeer graag Afrikaans "oorklankings" zien van TV-series zoals Beverly Hills 90210, Miami Vice, Derrick, Kobra 11 etc. etc.

Wie kan mij hieraan helpen.
Vanzelfsprekend betaal ik voor de opnamen / cassettes / DVD's.


In English:
I would very much like to watch tv- series dubbed in Afrikaans, like zoals Beverly Hills 90210, Miami Vice, Derrick, Kobra 11 etc. etc.
Who can help me ?


Baie dankie !!
Thanks very much !!

Marcel