Thursday, 03 May 2007

So val die helde

Artikel in Die Burger:

"Nóg ’n gesoute akteur sterf
Die Suid-Afrikaan­se vermaaklikheidsbedryf het gister ’n groot gees verloor met die afsterwe van die veteraanakteur Emgee Pretorius (83).
Hy het ’n ruk gelede ’n hartaanval gehad en was reeds vir omtrent twee maande in die hospitaal, het mev. Realta van der Mescht, sy susterskind, gesê.
Dié bekende gesig op Suid-Afrikaners se televisies sal bes moontlik onthou word vir hoofrolle in onder meer die trefferreeks Nommer Asseblief (as De Jongh), die realistiese tronkdrama Vyfster (as Priester) en Koöperasiestories (as Veldsman), waar hy pyp in die mond en veldhoed immer op sy kop, kykers vermaak het.
Pretorius is binnekort in die kyk­NET-drama Dryfsand te sien. Die spesifieke episodes waarin hy verskyn, word egter eers later uitgesaai."


Ek was nie noodwendig so groot aanhanger van hom nie, maar hy was absoluut classic as Veldsman. Dis seker die rol waarin ek hom die beste onthou. Vyfster ook, maar Veldsman was net sooo 'n goeie karakter, of dalk was dit die 3manskap wat so goed mekaar aangevul en verskil het. In elk geval, ek kon nie glo hy was al in die 80 nie, maar ten minste bly hy as Veldsman immer middeljarig.

1 comment:

Do Kwang said...

Dis ne^rens in die obits genoem nie, maar Emgee was ook die ou wat vir arme Het van Verlangekraal so gebliksem het.