"Ek woon in die holte van ´n boom, dit is waar! Loop saggies as jy stap, jy kan dalk op my trap. "
Hier is ek, Gideon en Dawie die Kabouter in Stockholm. Don't get me started on Dawie die Kabouter. Ek bedoel, ek het regtig baie daarvan gehou, maar dit was nogals traumaties dat die kabouters in bome verander op 969 jaar. Definitief een van die laaste episodes (van 'n TV-reeks) wat ek baie goed onthou. Dit en "Jackie, die beer van die berge". Ek was toe in sub. A, en weereens was dit vir my baie ontstellend, want ewe skielik was Jackie groter, en kan nie meer detail presies onthou nie. Maar ek wonder of die ma of iemand nie dood is nie. In elk geval, ek het sooo gehuil totdat "Mattewis en Meraai" heelwat later die aand begin het. Nie asof laasgenoemde seker die mees opbeurende reeks was nie.
"Onder die dekmantel" se laaste episode het ek nooit gekyk nie, oftewel nooit gehoor nie. Daar was een of ander prysuitdeling by die laerskool en ons het die videomasjien gestel. En hy neem toe mooi die episode op, maar sonder klank... In st. 3 was my lipleesvaardighede nog nie so goed nie, veral nie as hulle Engels praat, en jy verwag Afrikaans nie. :-) Ennieway, die laaste episode het ons dus ontwyk. Ek's steeds mal oor die liedjie "Holding out for a hero". En dan is daar Jon-Erik Hexum wat vir ewig 26 jaar oud gaan wees.
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
2 comments:
Amper al die girls in die koshuis het gegrens toe daai ou van Onder die Dekmantel dood is. Ek dink nie ek het nie - die verskynsel (van al die geween) was te verstommend.
Die sadste storie vir my was Champ. Oftewel Chaaaaaaaaaamp!
Ek het darem nie gehuil nie, maar ek het dit definitief as 'n verlies vir die mensdom ervaar!
Post a Comment