"Denny Crane". The name says it all.
Boston Legal is op die oomblik van my gunsteling-programme. Alan Shore aka James Spader is in 'n klas van sy eie en ek hou ook baie van Candice Bergen. In elk geval, Denny Crane is wonderlik weird en insane.

William Shatner is ook al lank in die land, en hy lyk eintlik heel okei op 76-jarige ouderdom. Vir sommige mense (al daai Trekkies fans) sal hy nooit iemand anders wees as Captain James T. Kirk, bevelvoerder van die U.S.S. Enterprise in
Star Trek. Ander onthou hom as Sgt. T.J. Hooker, saam met Heather Locklear (in Suid-Afrika het hulle wel keurige Afrikaans gepraat). En ek het al amper vergeet, maar hy was die aanbieder van
Rescue 911 (baie dramaties). En meer onlangs as Stan Fields in
Miss Congeniality (ook saam met Candice Bergen). Interessantheidshalwe, William was die eerste ou wat twee Emmy's gewen het vir dieselfde karakter in twee verskillende TV-reekse (as Denny Crane in
The Practice en
Boston Legal).
No comments:
Post a Comment