Hier's Herman & Pippie op Nettie se plaas te Caledon. Pippie het haar die naweek baie goed gedra en het nie weggeraak of te ver afgedwaal nie. Herman, Liesbeth etc het gewere ingeskiet vir die jagnaweek in Mei in die Noord-Kaap (Brandvlei se wereld). Gelukkig het dit heel goed gegaan. Liesbeth en Herman het elkeen 23 punte gehad. Louis en Nick het elkeen 20 gehad.
Hier is 'n foto van Panerai in Maart vanjaar. Die pienk stuk op sy neus is die letsel wat die Jack Russell gelaat het. Die geniepsige (en baie lastige) Jack was eintlik agter Pippie se lyf aan. Ons vermoed Panerai het soos 'n wafferse held vir Pippie probeer red, en in die proses het Jack vir Panerai gebyt. Ons is ook bly om te se dat Panerai se wond intussentyd heeltemal genees het, en sy skoonheid dus nie meer geskend is nie.
Hier's ons pragtige en oulike peetseun, Jozua Francois Malherbe, in Februarie vanjaar op die dag wat hy gedoop is. O, ja, en hy word Dinsdag (24ste) een jaar oud!
Hier is Eloise Wessels, CEO van NB-Uitgewers by Kabous Meiring, Reklamekoordineerder: Kinder- en Jeugboeke by NB-Uitgewers na die baie suksesvolle launch van Huppel en sy maats tydens die KKNK 2007.
Hier is ek en Liesbeth by die Hlangana Lodge waar ons tydens die KKNK 2007 gebly het. Die geskiedkundigheid van hierdie foto is dat Liesbeth 'n romp dra. Sy het in jare nie een gedra nie, maar lyk sy nie pe-ragtig nie!